In die 75ste jarige vieringe - luim,
kyk ons na leiers van die gemeente wat oor die jare 'n impak gemaak het
en gebou het aan die Here se Kerk op Wolseley.
Ds Theo Smit was een so diep-voetspoor dominee.
Hy het die gemeente behartig voor Ds Armand Crous ( en Elsabé Crous ) by die Smitte oorgeneem het.
Ds Theo was en is lief vir die natuur.
Stap-roetes.
Vars lug.
Hy het menige stap-togte vir die gemeentes aangebied oor die jare.
Hierdie is geneem tydens 1997 toe hy by NG Kerk Bergsig in
Durbanville werksaam was.
♥
en hierdie foto is 6 jaar terug geneem toe hy sy dogter trou.
Ds Theo Smit by sy dogter (nou reeds 33 )
Louise Smit,
nou Hattingh.
Pragtig!
Ds Theo sal ook kom deelneem aan ons 75 -jarige viering.
Kom loer in!