Wednesday, May 1, 2013

10 daggies voor ons 4x4

Hi Almal

Onthou om die 4x4 voertuie reg te kry vir die 11de Mei se feestelike saamkuier.
Die roete beloof regtig iets treffend te wees.
Moenie dit misloop nie!
Gaan kuier saam en geniet die mooi natuurskoon.
11 Mei
 

Groete,
Fees kommitee.


Tuesday, April 16, 2013

vorige NG Kerk Wolseley Dominees

In die 75ste jarige vieringe - luim,
kyk ons na leiers van die gemeente wat oor die jare 'n impak gemaak het
en gebou het aan die Here se Kerk op Wolseley.

Ds Theo Smit was een so diep-voetspoor dominee.
Hy het die gemeente behartig voor Ds Armand Crous ( en Elsabé Crous ) by die Smitte oorgeneem het.


Ds Theo was en is lief vir die natuur.
Stap-roetes.
Vars lug.
Hy het menige stap-togte vir die gemeentes aangebied oor die jare.
Hierdie is geneem tydens 1997 toe hy by NG Kerk Bergsig in 
Durbanville werksaam was.
en hierdie foto is 6 jaar terug geneem toe hy sy dogter trou.
Ds Theo Smit by sy dogter  (nou reeds 33 )
Louise Smit, 
nou Hattingh.
Pragtig!



Ds Theo sal ook kom deelneem aan ons 75 -jarige viering.
Kom loer in!

Wednesday, March 27, 2013

Paasfees en feesjaar

Mag elke lidmaat 'n Geseënde Paasfees geniet.
vol vreugde
vol nederigheid
en vol dankbaarheid vir die PaasLam
se Wonderwerk aan die kruis.
en vir ons gemeente
wat 75 jaar al Paasfees
as hoogtepunt vier.

Wednesday, March 20, 2013

kom ons gee...

kom ons wees deel.
kom ons gee.
Dankie Wolseley NG Kerk 
vir 75 jaar 
se strome van Lewende water


Monday, March 18, 2013

Feesjaar baljaar al klaar!

Onthou dat ons heel jaar fees vier en met dankbaarheid 
die 75 - jaar- gemeente-omgee saam wil geniet.

Die volgende item op die fees program 
is die 4 x 4 - avontuur op 11 Mei.

 
Reel sommer nou reeds en kontak Kobus Louw vir meer inligting.
kom toets jou voertuig-kuns op die bergagtige roete!



daarna is dit tyd vir kuns van 'n ander aard...
die Ouerskap kuns.

Deelnemende Ouerskap 

26 - 27 Mei.
Kontak Marisa J van Rensburg
by
082 531 3005

wat 'n waardevolle 2 dae sal DIT nie wees nie!
kom stap die pad saam met ons na potensiaal wat ontsluit word.
 


Tuesday, March 12, 2013

feesvier op 4by4 manier....


NG Kerk Wolseley bied aan:

4 by 4 uitstappie
moenie 11 Mei misloop nie...
aan al  die grondpad-slegpad-stofpad en uitdaag-pad geesdriftiges:
kontak sommer nou
Kobus Louw
by
082 694 2567

die roete is pragtig... die roete is vir  4 x 4- voertuie
en die wat 'n 4 x 4- hart het vir avontuur !
Vir die ou- kenners sal daar heerlike taai plekke op die roete wees
om jou vernuf te toets
Kom skop bietjie stof in jou vriende se oë...
 
groete,

Sunday, March 10, 2013

Sondag Seëninge

Hoe wonderlik dat ons mag hande vat oor grense heen....
Dat Jesus ons kom vrymaak het van bande... 
van vooroordele...
van vrese ...
 
Hierdie Kerk leef dit, bedoel dit en beoefen dit.

Leivore van seën en lewende water deur Wolseley en die vallei.

Kom geniet hierdie feesjaar saam met ons.
Hierdie dankbaarheids-jaar van 75.

Kontak hierdie mense vir meer inligting oor die 75 jarige viering van die gemeente.
 

Leraar: Ds Wouter van Velden
(Kontak Kerk kantoor)
Fees kommitee bestuurder: Dirk Louw.
083 675 0118